Snoesig vir die winter
2005-06-23
TWEE bekende sangers, Abel Kraamsaal en Koos Kombuis, snoer kragte saam vir ’n show by Nelson’s Creek Wine Estate môreaand om 21:00.
Hierdie vertoning is lekker lafenis vir die koue en die vertoning met Kraamsaal en Kombuis is een van daardie ‘een keer in jou lewe’ gebeurtenisse.
Die vertoning sal met Kombuis begin, waar hy en Kraamsaal ’n liedjie of twee saam sal doen en dan vat Kraamsaal die gehoor tot die einde van die vertoning.
Die vertoning kos R70. Tafels van 10 word verkoop en is ideaal vir groepe vriende of besighede om hulle kliënte te onthaal.
Daar is beperkte sitplekke oor. Besprekings kan by Lize gemaak word by 979-3131.
Die gehoor kan kosmandjies vat om lekker te sit en piekniek hou om die tafel terwyl hulle na die vertoning kyk.
Daar is ’n volledige gelisensieerde kroeg en Nelson’s Creek is nie verniet ’n wynplaas nie, hulle het ongelooflike wyne.
More
News
|