VRYDAGAAND het ek weer gesien hoekom daar so ’n stigma rondom bikers hang.
’n Biker besluit mos toe om sy motorfiets voor La Romantica in die Hoofstraat so te ref dat hoor en sien vergaan.
Ek wil graag net vir hierdie persoon die volgende sê.
Dit is mense soos jy wat bikers ’n slegte naam gee.
Ek is self ’n biker en is deel van ’n groep bikers wat gereeld by La Romantica en Bossa Nova kuier.
Gaan doen hierdie tipe ding by jou huis en kyk dan wat jou bure daarvan dink.
Ons probeer die naam van die biker herstel, maar met mense soos jy is dit maar moeilik.
Die kuierplekke in die Paarl loop gereeld deur onder klagtes van mense wat hulle nie kan gedra as hulle laat snags vertrek nie.
Moet dit asseblief nie nou nog moeiliker vir hulle maak nie.
Ongelukkige biker