Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoolhoof stel teleur

Skoolhoof stel teleur
 
2008-02-14


NA aanleiding van die berig “Skoolhoof lei kinderbetoging by atletiek” is dit kommerwekkend om te verneem dat sommige “bruin mense” nog nie die apartheidsera agtergelaat het nie.

‘n Byeenkoms waar kinders sorgvry, opgewonde en trots op hul skool en deelname moes wees, het ontaard in ’n wrang rasseaangeleentheid.

Onskuldige kinders wat nie in die “apartheidsera” grootgeword het nie, is gebruik om grootmense se vuilwerk (plakkaat swaai en lelike handgebare) te doen - die tyd en plek daarvoor was definitief ongevraagd.

My kinders van 6 en 10 het geen idee waaroor die uitlatings was nie en het gevra hoekom die kinders so lelik optree (ek glo daardie kinders wat plakkate rondgeswaai het, het ook nie ’n idee waaroor dit gaan nie).

’n Mens kan mnr Mervyn Julies se optrede as uiters onsmaaklik en erg rassisties afmaak.

Mnr Julies moet besef dat apartheid verby is en leer hoe om daarmee saam te leef.

As sy optrede by ’n byeenkoms so hatig is, wonder ek wat hy sy leerlinge in die skool leer - dalk hoe om mense te na te kom?

Hou op naambordjies om mense hang en span saam om ons skole op alle vlakke “kleurvry” en “rasvry” te maak - dis immers ons kinders wat daardeur gaan baat.

Ontstoke ouer




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za