NA afloop van die naweek se byeenkoms tussen laerskole by Daljosafat- stadion, was alkohol weer vrylik gebruik op die hoofpaviljoen.
As sportondersteuner voel ek onveilig om op die stadion te sit.
Van die toeskouers bring vrylik hul piekniekmandjies met alkohol saam. Daar word behoorlik gedrink asof dit in ’n kroeg is.
Vloekwoorde word geuiter. Daar is net nie orde nie. Ek vrees net vir aanrandings. Daar word nie respek getoon vir ons jeug nie.
Ek voel daar moet iets gedoen word in dié verband. Volgens my lê die fout by die hek. Voertuie en sakke word nie deursoek nie.
Borde moet meer sigbaar aangebring word wat uitdruklik sê geen alkohol nie.
Dit is nie ’n plesier om atletiek te gaan kyk nie en dis ’n skande dat die kinders so ’n voorbeeld gestel word.
Skoon atletiek