So 'n bek kort tande
2005-06-23
’n TINTELENDE mengsel van prosa, poësie en sang - dit is ‘Souttert: So ’n bek kort tande’, wat vanaand en môreaand in die Ou Meulteater in die Paarl opgevoer word.
Die kunstenaars is vier ervare verhoogkunstenaars, Minki Burger, Stephanie Hough, Sophia Hugo en Jo-Mari van Deventer, wat hulle kragte saamsnoer in dié vermaaklike produksie.
Gedigte van die Klein Karoo tot die Kaapse Vlakte word hier poëties geïnkorporeer en selfs die FAK word betrek, hoewel dié ’n nuwe blaadjie omslaan.
Eitemal, Arnoldus Pannevis en Boerneef is net van die name wat herontdek word en nuwe lewe kry in die melodieuse avontuur deur die Afrikaanse Literatuur.
Opvoerings begin om 19:00. Kaartjies kos R45 en sluit ’n glas wyn en versnaperinge in. Kaartjies vir skoliere is R30 (kinders onder vyf jaar gratis). Wyn is ook te koop en versnaperinge word aangebied.
Kaartjies verkoop vinnig uit. Bespreek by Sophia by 072-954-7214. Indien beskikbaar, sal daar ook kaartjies by die deur wees.
More
News
|