GRAAG wil ek hierdie skrywe aan u rig ten einde my absolute misnoë met u skool se optrede tydens die laerskole-atletiekbyeen- koms op 5 Februarie 2008, te Daljosaphat-stadion in die Paarl uit te spreek.
Ek vertrou dat u as opvoeder, hierdie brief in die regte gees sal lees en die punte wat ek aanraak ter harte sal neem in die opvoeding van ons land se jeug.
Die oggend van 5 Februarie is ek en my gesin van twee dogters onderweg na Daljosaphat-sta- dion waar albei van hulle aan die atletiekbyeenkoms sou deelneem en my vrou as beampte sou help.
Volgens die amptelike program sou die byeenkoms om 09:00 begin. Om nege het nog nie ’n skoot geklap nie, alhoewel baie jong atlete reeds gereed gestaan het.
Dit was egter toe ek opmerk dat laerskoolatlete van u skool saamdrom en met plakkate omhoog ’n massa-opmars om die atletiekbaan begin, dat ek besef het dat dit hier om meer as atletiek gaan.
Leerlinge is aangesę om op die tartanbaan in die pylvak voor die hoofpawiljoen te gaan sit, vir ’n uur lank in die warm son, sonder koelte of vloeistof en so vir meer as ’n uur alle produktiewe aktiwiteite vertraag.
Nie ek, enige van die ander ouers of enige van die beamptes, het regtig geweet wat aangaan of wat ons te doen staan nie.
Sommiges het gevoel dat ons, ons kinders liewer moet onttrek aangesien hulle nie aan sulke skandalige gedrag blootgestel behoort te word nie.
Ander weer het geredeneer dat almal moet bly ten einde die betogende party nie sy sin te gee nie.
In antwoord op my en my vrou se persoonlike vrae aan leerders van u skool, het nie een kind genoem dat hy of sy regtig weet waaroor die optog of boikot gaan nie.
Die algemene gevoel tussen leerlinge van alle skole wat deur ons ondervra is, was dat hulle “net wil deelneem”.
Dit gaan vir my oor die manier waarop u skool die probleme aangespreek het, en die moontlike gevolge van sodanige optrede.
Watter boodskap word daar aan ons kinders oorgedra? Sodra ons ’n probleem of terugslag ondervind, word daar geboikot, word daar “getoitoi”, word daar gestaak, word daar massa-optog- te gehou.
Seersekerlik is daar meer opgevoede maniere om probleme aan te spreek.
Is dit nie tyd dat ons eerder moet saamstaan en oplossings vir die probleme soek as om die probleme te vererger of nog verdere probleme te skep nie?
Wat is die blywende effek van u skool se optrede op die kinders wat daaraan deelgeneem het sowel as op die kinders wat dit net aanskou het?
Hou asseblief in gedagte dat hierdie kinders nog baie jonk is en uiters vatbaar is vir die optrede van ander, hetsy dit positief of negatief is.
Indien iemand nie mansgenoeg is om self sy probleme uit te sorteer nie, is dit my opinie dat hy eerder met die probleem moet saamleef of bloot van die probleem moet wegloop eerder as om van iemand anders (vernaamlik nie minderjarige kinders) te verwag om sy saak te stel nie.
Baie bekommerde ouer