Die Boland ope skaaktoernooi het Saterdag in die Hugenote gemeenskapsaal in die Paarl plaasgevind. Altesaam 50 ope spelers van alle ouderdomsgroepe het deelgeneem aan die kampioenskappe. By die 0/12 het Elisma Witbooi van Hugo Rust Laerskool, Wellington, eerste gekom. Bernard Klein van Wellington skaakklub het vyfde geëindig. Foto: May Saal