Skrywers gesels oor hul boeke
2008-02-21
EEN van die aangrypendste boeke wat verlede jaar verskyn het, is “Wilhelmina - Kampkind op Java”, geskryf deur Mariël le Roux. Dit is die lewensverhaal van Will van Halewijn (Möller) wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in ’n konsentrasiekamp in Java aangehou is. Op Saterdag 1 Maart sal Danie Botha om 11:00 in Protea Boekwinkel op Stellenbosch met die skryfster sowel as Van Halewijn gesels oor dié besonderse verhaal wat in die bekende film “Paradise Road” verewig is. Saterdag 8 Maart as deel van die Woordfees se program, gesels nog skrywers in Protea Boekwinkel oor hul boeke. Om 09:30 is Elna Boeksak in gesprek met Christi van der Westhuizen oor haar boek “White power and the rise and fall of the National Party”. Om 11:00 is Piet Grobler in gesprek met Riana Scheepers oor haar kinderboek “Arboreta - Die heks met die groen hare”. Om 12:30 is Hennie van der Merwe in gesprek met Japie Coetzee oor sy boek “Aangrypende verhale van gister”. Om 14:00 is Wium van Zyl in gesprek met Abraham H de Vries oor die bloemlesing “Alles goed en wel - Lagstories na Willekeur”. Om 16:00 is Francois Smith in gesprek met Dirk Jordaan oor sy roman “Die Jakkalssomer”. Skakel 021-882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis.co.za.
More
News
|