Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drome van studie word waar

Drome van studie word waar
 
2008-02-21


DRIE baie dankbare jong mense van Carterville by Wellington kan nou hul drome verwesenlik deur verder te studeer met fondse verkry van ’n Nederlandse beursprojek vir voortgesette onderwys.

Child Care Afrika is die gedagte van ’n vrou van Nederland, Maryke Nijhuis, om van hulp te wees met verdere studies vir minderbevoorregtes.

Die fondse word deur middel van kontak met Marietjie Bezuidenhout, wat die Norsa crèche en dagsorgsentrum in New Rest gestig het, na die studente gebring.

Ook ’n vrywilliger by Child Care Afrika is Danielle van der Does, ’n Nederlandse vrou wat met die hulp van Marietjie twee babas uit die Paarl omgewing aangeneem het.

“Marietjie identifiseer die kinders wat sal baat vind by die projek, en dan help ons hulle met fietse om by die skool te kom, skooltasse sodat hulle nie hul boeke in inkopiesakke hoef te dra nie, en klere.”

Ná skool kom die leerders tot by die Norsa- sentrum in Mfulenistraat, waar hulle kan eet en huiswerk doen.

Die eerste drie wat ondersteuning ontvang (vanne word uitgelaat vir privaatheid) is Nopinki (graad 9), Nonyebo (Boland Kollege oorbruggingskursus vir verdere maatskaplike werk studies aan Hugenote Kollege) en Claudia (graad 7).

“Ons is baie, baie opgewonde,” sê Maryke.

“En ons nog meer,” straal die meisies wat weet hulle kan hul drome uitleef.

* Three girls from the residential areas between Mbekweni and Wellington, are furthering their studies with Dutch funding




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za