Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Papnat vir toelaes

Papnat vir toelaes
 
2005-06-23

Susan Botha

ONS oumense verdien beter as dit. Só voel ontstelde familielede oor die omstandighede waaronder maatskaplike toelaes in die Paarl uitbetaal moes word in die onlangse reënweer.
Die probleem was veral by die Posduifklub in Bergrivier Boulevard, waar mense in sopnat klere gewag het vir hulle geld.
“Dit is een groot modderbad waardeur ou mense, siek mense en gestremdes moet ploeg,” het een persoon die toneel beskryf.
Allpay, wat verantwoordelik is vir die uitbetalings, het, ná klagtes verlede jaar die uitbetalingspunt na die Posduifklub in die Bergrivier Boulevard verskuif.
Andries de Jongh, operasionele bestuurder van Allpay Wes-Kaap, sê hulle moes noodgedwonge die dienspunt in Du Toitstraat skuif, omdat die inwoners van die gebied nie die smouse en geldskieters om hulle huise wou hê nie. Die nuwe dienspunt by die Posduifklub het egter nie sonder kopsere gekom nie.
“Die ingang by die dienspunt in Bergrivier Boulevard is geskuif om die veiligheid van die begunstigdes te verseker, aangesien die Boulevard ’n baie besige straat is en ’n veiligheidsrisiko vir die begunstigdes inhou,” het de Jongh verduidelik.
Die verkeer word nou omlei deur die aangrensende Boy Louw-sportterrein, wat munisipale eiendom is.
Alles goed en wel, tot die deurdringende reën van verlede week.
Mense, veral ouer mense, het gegly en geval in die enkeldiep modder en waterpoele.
Ten minste twee mense is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Vrydag is die hulp van die verkeersdepartement ingeroep om te help met motors wat vasgeval het.
'n Woordvoerder van die Munisipaliteit sê uitbetaling van toelaes is nie ’n munisipale funksie nie.
"Allpay werk op kontrak basis vir Departement Maatskaplike Dienste, en maak van verskillende geriewe gebruik vir die uitbetalings. Die maatskappy is self verantwoordelik vir die verkryging van dié geriewe, hetsy van die munisipaliteit, ander staatsdepartemente of die privaatsektor.
"Allpay is ook verantwoordelik vir die handhawing van orde. Die sluit van die hek voor die Posduifklub is juis gedoen vir veiligheid.
"Indien All-Pay probleme ondervind met toeganklikheid tot die perseel tydens reënweer, kan versoeke tot die Munisipaliteit gerig word en indien moontlik sal ons behulpsaam wees."
De Jongh sê in die toekoms sal die hek in Bergrivier Boulevard oopgemaak word op reëndae.
Hy sê die eerste werksmense van Allpay arriveer van ongeveer 06:30 in die oggend by die dienspunte.
“Direk na ontvangs van die kontant word die begunstigdes in die saal toegelaat.
"Indien dit reën, is die reëling dat die begunstigdes vroeër tot die saal toe-gelaat sal word.
“Ons vra begunstigdes om nie donker soggens by die sale op te daag nie, aangesien die diens van 07:30 tot 15:00 gelewer sal word.
“Die Departement van Welsyn en Allpay is daarop gemik om die dienste te alle tye te verbeter en sal die dienspunt te Bergrivier Boulevard meer gereeld monitor om te verseker dat begunstigdes met die nodige eerbied en respek behandel word.”
* Pensioners sank into a quagmire while trying to collect their grants last week.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za