Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dagga trek deur venster

Dagga trek deur venster
 
2005-06-23


MOENIE dink jy kan ’n polisievrou flous nie, nee, sy sal geduldig wag totdat die daggalus die oorhand kry, en jou dan vasvat.

Dis hoe insp Ferdy van Wyk van Paarl-Oos Maandagaand met ’n beweerde daggahandelaar gemaak het, tot sy groot verdriet.

Meer as 100 pakke met 40gr dagga elk, is in polisie-besit ná klopjagte op twee wonings in Paarl-Oos Maandagaand.

Inligting uit die gemeenskap het polisielede gelei na twee wonings, te
Hibiskusstraat 5B en Chester Williams plakkerskamp 26.
By die eerste huis is Grace Williams (60) in hegtenis geneem.

Koerantpapier

Beslag is gelê op ’n voersak met 54 pakke dagga, ’n kartondoos met nog 12 pakke in koerantpapier toegedraai en ’n groen bliktrommel met 40 pakke dagga.

Die polisie het daarna hul visier verskuif na Chester Williams woongebied.

Dis waar Thomas Magoko (42) na bewering pakke dagga deur die huisvenster gegooi het toe hy die amptelike voertuie gesien het.
Insp Ferdy van Wyk het hom dopgehou, en toe sy later opmerk dat hy dié dagga gaan optel, is Magoko in hegtenis geneem.

Elf pakke dagga, 102 stoppe van 2gr elk en 84 banksakkies met 15gr dagga elk, is gekonfiskeer.

* Police have confiscated 7kg of dagga in Paarl East.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za