Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sonder woorde in die Meul

Sonder woorde in die Meul
 
2008-02-21


DIE Afrikaanse donkerkop, Ilze Gous, is in haar toneelstuk Sonder Woorde te sien in die Ou Meul-teater op Vrydag 29 Februarie om 20:00.

Die Afrikaanse donkerkop met haar mooi glimlag trek dadelik die aandag wanneer sy in ’n vertrek instap. Of dit nou in ’n koffiekroeg is, op die verhoog is of selfs op die blaaie van glanstydskrifte pronk, haar energie en lewenslus is aansteeklik!

Ilze het haar buiging gemaak op KykNet se gewilde ZING kompetisie en verskyn kort daarna in haar eerste solo-produksie getiteld, ‘Ilze Gous in Konsert’.

Met uitverkoopte konserte en ’n groeiende ondersteunersbasis, is Ilze vandag een van Suid-Afrika se mees belowendste opkomende kunstenaars.

Ilze, wat tot onlangs toe nog hard aan haar debuutalbum ‘Sonder Woorde’ geskaaf het, kan vandag met trots praat van die eindproduk na ’n vier jaar lange soektog na woorde om haar eie lewensreis en ervarings saam te vat.

Ilze se musikale invloede kom van kunstenaars soos Norah Jones, Diana Krall en Eva Cassidy wat haar vir die eerste keer aan jazz blootgestel het.

Met ’n groot bewondering vir Celine Dion “wat die mees ongelooflike goed met haar stem kan regkry” is Ilze gebalanseerd en gemotiveerd om net sulke groot hoogtes soos haar gunsteling-kunstenaars te bereik.

Kaartjies is R50. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za