Skolekrieket lewer opwinding
2008-02-21
NA ’n taai wedstryd wat enige kant toe kon swaai, het Paarl Gimnasium se o.19A krieketspan Saterdag sy onoorwonne status in eendagwedstryde behou deur af te reken met New Orleans. Gim het eerste gekolf, en na goeie boulwerk deur New Orleans kon die Gimmies slegs 171 lopies behaal. Danie van Zyl (27) was Gim se beste kolwer. Vir New Orleans het Tiaan Cloete goed geboul. New Orleans het hard geveg om die lopietal te bereik, maar tevergeefs. Gim het uiteindelik daarin geslaag om New Orleans uit te boul vir 167 lopies. New Orleans se beste kolwer was Clayton Blommetjies met 43 lopies. Stefan Kotzé het vir die Gimmies uitgeblink met die bal. * In ’n ander wedstryd het Hoër Landbouskool Boland met 30 lopies die knie gebuig teen HTS Drostdy. * Klein Nederburg het vir Hermanus met 48 lopies geklop.
More
News
|