Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekendes maak musiek by Wingerdfees

Bekendes maak musiek by Wingerdfees
 
2008-02-21


DIE Paarl Wingerdfees vind plaas Vrydag en Saterdag in die Faurestraat-stadion, met bekendes soos die Boulevard Blues Band, Kurt Darren en die Campbells.

Bekendes soos Jakkie Louw, Hugo en sy orkes en die Snyman Broers asook nuwe gesigte soos die gewilde Ray Dylan en Wikus van der Merwe, en plaaslike talent soos Ronnie Appolis van Worcester sal optree.

Die internasionale sanger Allan Garrity sal feesgangers vermaak met sy bekende treffers soos “I need someone”, en “Put your hand in the hand”.

Andries Krogman sal sy lekker potjiekos voorsit.

Vrydag open die hekke om 15:00.

Jo-Anne Boland School of Dancing sal om 17:00 optree. Alan Garrity om 19:00, die Campbells om 19:40, Hugo en orkes om 20:50, Ray Dylan om 22:00 en Jackie Louw Band om 23:00.

Saterdag open die hekke om 10:00. Frank Pietersen Musiekskool tree 11:00 op, Wingerdstories is om 12:10, Alana om 13:30, Boulevard Blues Band om 14:30, Nadia om 16:10, Ronnie Appollis om 17:20, Wikus van der Merwe om 18:30, Shine 4 om 19:40, Kurt Darren om 20:50, Die Broers om 22:00 en Jackie Louw Band om 23:00.

Daar sal weer twee verhoë wees. Op die dagverhoog, Saterdag onder dak, word plaaslike talent aan die publiek bekend gestel.

Die middag sal stoepstories vertel word, gelei deur Leon Beukes van “Maak ’n Las” faam.

Hierdie jaar word daar ook spesiaal voorsiening gemaak vir die kinders. Daar sal treintjies, swaaie en springkastele wees.

Feesgangers moet nie bekommerd wees oor onderbrekings nie, kragopwekkers sal beskikbaar wees.

Wyn- en kosstalletjies met tradisionele kos en ’n restaurant sal beskikbaar wees en nuwe wyne sal bekend gestel word.

Kaartjies is R100 per dag (kinders en studente R50 per dag).

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en Musiklood in die Paarl.

Vir verdere inligting, besoek die fees se webwerf www.paarlwingerdfees.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za