Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klubs begin vriendskaplike wedstryde

Klubs begin vriendskaplike wedstryde
 
2008-02-21


* Rangers speel eerskomende naweek hul eerste vriendskaplike wedstryd teen Evergreens van Agter-Paarl op laasgenoemde se tuisveld. Alle spelers word gevra om aan te meld by die oefeninge elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag. ’n Finale aankondiging sal vandag by die oefenveld gemaak word oor waar spelers opgetel sal word.

* Young Peoples RFC bied Saterdag ’n disko by Jeff’s Pub om 20:00. Toegang kos R10. Kontak Mark Paulse by 084-449-8786.

* Hillcrest Rugbyklub het volgende Vrydag ’n snackdans te Wellington Stadsaal om 20:00. Die drag is semi-formeel en die Wellington Brass Band gaan lekker musiek verskaf. Toegang is R40. Kontak Willie Stoffels by 078-188-7247 of Denzil Domoney by 083-952-8306.

* Riverstones speel Saterdag ’n wegwedstryd teen Blue Stars. Die bus vertrek uit Chicago uit. Die ondersteunersklub hou Sondag ’n vergadering by die huis van Adam Seconds om 15:00. Almal wat belang stel is welkom.

* Violets RFC oefen elke Dinsdag en Donderdag by Paulus Joubert se velde om 19:00. Maandag is daar ’n vergadering by Bethel kerksaal. Kapteins en afrigters moet dit asseblief bywoon. Daar word tans ’n oefenkamp beplan vir 1 Maart. Die klub is ook hard aan die reël vir die Paasnaweek-toer- nooi op Faure-stadion. Kontak A Adams by 083-668-0231.

* Albions se vriendskaplike wedstryde begin op 8 Maart teen Roses United (weg). Op 15 Maart speel hulle teen Young Gardens (weg) en op 29 Maart teen Newton (tuis). Die klub het ook sy bestuurspan vir die nuwe seisoen aangewys. Hulle is James Davids voorsitter, Stevie Williams ondervoorsitter, Galloway Schroeder sekretaris, James Green hulp-sekretaris, Brenda Hendricks kassier, Ashwin Williams hulp-kassier en Quinton Williams wedstryd-sekretaris.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za