Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bejaarde kry eerste huis

Bejaarde kry eerste huis
 
2008-02-21


“GEE ’n mens ’n huis, dan gee jy hom sekuriteit.”

So het raadslid Arthob Petersen in ’n heuglike oomblik gesê toe veertien nuwe huise verlede week oorhandig is in Fairyland.

Die Drakenstein Munisipaliteit het verlede week die huise oorhandig aan veertien begunstigdes, onder wie ’n bejaarde vrou, Elizabeth Bresle (83). Dit is Bresle se heel eerste huis wat sy besit.

’n Baie oorstelpte Bresle het die raadslede herhaaldelik bedank dat sy uiteindelik haar eie huis kan hê.

Volgens Petersen het hierdie projek reeds 2001 ontstaan.

“Vir ’n periode van twee jaar (2001 tot 2003) is daar weinig gewerk op hierdie projek gedoen weens ’n tekort aan finansies”, aldus Peter- sen.

Hy het sy hoop uitgespreek dat die nuwe huiseienaars goed sal omsien na die huise.

Die burgemeester, Charmaine Manuel, het die huiseienaars aangemoedig om van hul huise ’n tuiste te maak.

“Verfraai jou huis deur bome, plante en gras te plant.

“Die Munisipaliteit sal ook die area verfraai met verloop van tyd met bome en gras,” sê Manuel.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za