Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples ry wipplank

Peoples ry wipplank
 
2008-02-21


YOUNG PEOPLES het die naweek gemengde welslae in die 20/20 kriekettoernooi behaal.

Saterdag het die klub na Vredenburg gereis vir sy wedstryd teen Vredenburg/Saldanha.

Die tuisspan het eerste gekolf en ’n telling van 158/7 op die telbord geplaas. Vir die Tiere het Charlton Daniels (2/26) en Mark Borchards (2/26) die beste met die bal gevaar.

Peoples het sy eerste drie kolwers vir net 41 lopies verloor, maar die kaptein, Dominic Daniels, het die Paarliete hoop gegee met ’n skitterende 56 lopies van net 31 balle.

Daniels se poging was egter nie genoeg nie en Peoples is vir 118 lopies uitgeboul.

Peoples II het ook Saterdag die vissermanne gepak. Vredenburg/Saldanha het eerste gekolf, en ondanks goeie boulwerk deur Lee-John Julies (4/33) en Marlin Carollissen (2/17) het die tuisspan 177/6 in hul 20 beurte aangeteken. Peoples se Garron Fortuin (36, 1x4 en 4x6) en Melvyn Jackson (36, 3x4 en 2x6) het die lopies gejaag, maar Peoples was teen die einde 31 lopies kort.

Sondag het Peoples vir Malmesbury gepak op Daljosafat. Die Tiere het die loot gewen en eerste gekolf (184/5). Dominic Daniels (70, 6x4 en 3x6) en Imran Nackerdien (40, 3x4) was vir die meeste lopies verantwoordelik.

Malmesbury was nooit in die prentjie nie en Lorenzo Jacobs (5/22) het die besoekers voos geboul om Peoples te laat seëvier.

Peoples II het Malmesbury II tot 120/8 beperk danksy puik boulwerk deur Ryan Davids (3/14) en Lee-John Julies (2/14). Hershille Barron (38, 7x4), Julies (36, 1x4 en 1x6) en Andrew Victor (24, 2x4 en 1x6) het die wenlopies in net 16 beurte aangeteken.

* Saterdag speel Peoples I, II en III teen Paarl-Oos I, II en III. Die eerste span speel op Daljosafat, die tweede span speel op New Orleans en die derde span speel op Allandale




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za