Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onmin oor munisipale aanstelling

Onmin oor munisipale aanstelling
 
2005-06-23

Susan Botha

DIE prosedure vir die aanstelling van ’n nuwe munisipale bestuurder vir Drakenstein is vandeesweek as “politieke korrupsie” bestempel deur raadslid Carel Heyns van die Onafhanklike Demokrate.

Harde woorde het Dinsdag in ’n spesiale raadsvergadering geval, wat belę is om ’n aanstellingskomitee saam te stel.

Altesame 107 mense het aansoek gedoen vir die pos en konsultante
is aangestel om ’n kortlys op te stel op grond van bepaalde kriteria.

Twee weke gelede het die burgemeesterskomitee die konsultant ontmoet en nog kriteria is gestel. Die konsultant is toe gevra om weer deur al die aansoeke te gaan en ’n skedule van die aansoekers op die kortlys saam te stel.

Die aansoekers op die kortlys sal Maandag ’n geskrewe toets aflę en Dinsdag sal die aangewese komitee onderhoude met hulle voer.

As alles volgens plan verloop, behoort die gekose kandidaat voor die einde van die maand ingelig te word, sodat hy of sy uit sy/haar huidige posisie kan bedank en waarskynlik op 1 Augustus by Drakenstein diens kan aanvaar.

Bailey het verduidelik dat die spesiale vergadering belę is om die aanstellingskomitee goed te keur. Hy het ’n voorstel ingedien waarvolgens die komitee uit die burgemeesterskomitee (slegs ANC/NNP lede) bestaan, met die Speaker, hoofsweep en die voorsitters van die twee vakbonde as waarnemers. Dit beteken geen opposisie-raadslede sal teenwoordig wees nie.

Hierop het raadslid André de Villiers (ACDP) gesę dié opmerking is baie teleurstellend.

“Ons praat van deursigtigheid, maar ons weet nie eens wie op die kortlys is nie.

“Hierdie is basies ’n eenparty-komitee en ek wil vra dat daar ten minste ’n verteenwoordiger van elke party daarop kom.”

Hy het die proses as “politieke rowery” beskryf.

Raadslid Eina Mkabile (ANC) het gevra dat die saak tot stemming moet kom en die burgemeester se voorstel ondersteun. Hy het gesę die burgemeesterskomitee verteenwoordig die raad en nie noodwendig ’n politieke party nie.

Hierop het raadslid Miriam Adriaanse (OD) haar ontevredenheid te kenne gegee.

“Ons het opgeoffer om hier te wees, ons het die reg om vrae te vra.” Sy het die Speaker versoek om self op vrae te reageer en nie toe te laat dat ander raadslede dit namens hom doen nie.

“Ons wil antwoorde hę vir die mense daar buite.”

Hierop het raadslid Charmaine Manuel (ANC) gevra dat die debat gestaak word.

Sy het gesę die vorige munisipale bestuurder is ook deur die destydse uitvoerende komitee aangewys (dit het toe egter uit DA sowel as ANC-lede bestaan).

Die Speaker, Zandisile Cekiso, het daarop gewys dat die komitee net ’n aanbeveling kan maak en dat die volle raad dit moet goedkeur.
Die ACDP en die ID het hulle teenstemme aangeteken. Intussen het die DA, die amptelike opposisie in die raad, geskitter in hul afwesigheid, uit protes teen die besluit en daar is net-net ’n kworum gehaal.

Onder die verskonings was ’n brief van raadslid Johan von Wielligh, hoofsweep van die DA. Die burgemeester het die verskonings aanvaar sonder om melding te maak van die DA se motivering of dit voor te lees.

Volgens raadslid Von Wielligh het hy die brief aan die Speaker gerig met die uitdruklike versoek dat dit voorgelees en in die notule opgeneem word.

Die brief lui só: “Die voorstel van die burgemeester, wat beteken dat alle opposisiepartye uit die aanstellingsproses uitgesluit word, selfs by wyse van waarneming, en wat tot gevolg sal hę dat opposisielede oningelig sal wees met die oog op die voorgestelde finaliseringsvergadering gedurende die week van 27 Junie, noop die DA as party om verskoning te maak vir afwesigheid by bogemelde vergadering.

“Die DA versoek dat hierdie verskoning met motivering volledig genotuleer sal word.”

* Minority parties in the Drakenstein town council will not be allowed to sit in on interviews for the job of municipal manager.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za