Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos seëvier

Paarl-Oos seëvier
 
2008-02-21

Jaco van Wyk

DIE krieketspanne van GMT Paarl-Oos, Wellington en Bergrivier het ’n besige naweek beleef toe hulle met mekaar, en ander spanne van die Boland, slaags geraak het in die 20/20 kriekettoernooi.

Saterdag het Paarl-Oos vir Wellington gaan besoek op die Pen Basson-velde.

Paarl-Oos het die loot gewen en besluit om eerste te kolf (123/7 na 20 boulbeurte).

Morné de Vries (32, 1x4 en 1x6) was die Paarliete se beste kolwer.

Christo Ritter (2/16), Ryan Groeneveld (2/18) en Marnitz Phister (2/18) was Wellington se beste boulers.

Met ’n sterk boulaanval deur Paarl-Oos was Wellington se kolwers reeds van die begin op die agtervoet geplaas en kon hulle slegs daarin slaag om 97 lopies aan te teken.

Ritter (27, 1x4 en 1x6) en Peter Williams (24 (1x4 en 2x6) het hard probeer om hul span terug in die wedstryd te kry, maar tevergeefs. Paarl-Oos het die wedstryd met 27 lopies gewen.

Paarl-Oos II het ook met Wellington II afgereken deur hulle met 12 lopies te wen.

Sondag het Paarl-Oos tuis gespeel teen Bergrivier op New Orleans.

Bergrivier is ingestuur om eerste te kolf. Hulle het hard probeer, maar weereens was die Paarliete se boulwerk te goed vir hul teenstanders en Bergrivier is uitgehaal vir 72 lopies.

Darren Isaacs (21, 3x4) was die besoekers se enigste kolwer wat meer as 20 lopies kon aanteken.

Paarl-Oos se Dennis November (3/22), Tiaan Cloete (2/6) en Zynodien Fredericks (2/3) het geskitter met die bal.

Paarl-Oos het goed gekolf en 73 vir die verlies van 1 paaltjie behaal. Clayton Blommetjies (25, 2x4) en Tiaan Cloete (31*, 2x4 en 1x6) het goed gekolf.

Paarl-Oos II het Bergrivier II met 27 lopies gewen.

In ’n ander wedstryd wat Saterdag gespeel is, het Bergrivier vir Worcester United met 6 paaltjies geklop. Reagan Petersen (32) en Garth Abrahams (23) was Bergrivier se beste kolwers, met Ryan Mouton (2/12), Kurt Carolissen (2/21) Petersen (2/19) en Waylon Libbie (2/12) wat uitgeblink het met die bal.

Sondag het Wellington vir Worcester United met 31 lopies gesink. Bronwell Williams (38*, 3x4) en Pieter Bergh (55, 9x4 en 1x6) was Wellington se beste kolwers. Christo Ritter (2/22), Ian Opperman (3/9) en Pieter Bergh (2/14) was Wellington se beste boulers.

* Saterdag word die 45-boul­beurte kriekettoernooi weer hervat. Paarl-Oos I speel teen Young Peoples I op Daljosafat, terwyl die tweede en die derde spanne slaags raak op New Orleans en Allandale onderskeidelik.

Wellington speel teen Paarl op die Parys-velde en Bergrivier speel weg teen Malmesbury.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za