Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Speke sing in Boland

Speke sing in Boland
 
2008-02-21

Jaco van Wyk

DIE afgelope naweek het fietsryers van regoor die land ’n strawwe fietstoer meegemaak toe hulle die plaaslike paaie van die Tour de Boland aangepak het.

Fietsryers het Donderdag reeds weggespring en die toer het tot Saterdag geduur, maar teen die einde van die tweede dag was dit reeds duidelik dat die oud-Bolander, Michael Sowerby, ’n sterk aanspraak op die titel gaan maak.

Die Tour de Boland het vanaf die eerste dag op Wellington die deelnemers fisies en geestelik getoets.

Dit was egter teen die einde van die tweede dag, toe die fietsryers die taai roete teen die Dutoitskloofpas aangedurf het, wat dit werklik die durf van die fietsryers op die proef gestel het.

Sowerby het nie van die begin van die dag af voorgeloop nie. Toe hy eers die helling van die pas begin uittrap het, het hy met die hulp van sy span sy bene die praatwerk laat doen om die skof te wen.

Alhoewel Sowerby, wat deesdae vir die Toyota Cyclelab Team in Johannesburg ry, nie die laaste skof op die Saterdag van die toer gewen het nie, was dié oud-Matie se poging op die tweede dag steeds goed genoeg om aan hom die algehele eerste plek te besorg.

Sowerby het die wedren in ’n algehele tyd van 7 uur, 16 minute en 5 sekondes afgelê.

Drie fietsryers van die Paarl het ook baie goed gevaar in die Junior-kategorie van die Tour de Boland.

Brandon Christians van Neotel Rhadsport en Avery Arendse van Neotel Yorkshire het onderskeidelik tweede en derde geëindig, terwyl Clint Hendricks, ook van Neotel Rhadsport, net-net nie die podium kon haal op die finale dag nie.

JC Jantjies van Neotel York­shire het die o.12 skole-wedren gewen op die Saterdag van die Tour de Boland.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za