Motorstorie het 'n stert
2005-06-23
’n PAARLIET wat haar baas se motor as gesteel aangemeld het nadat sy daarmee in ’n botsing betrokke was, is van regsverydeling aangekla.
Petronella Cordy van Hoofstraat, Noorder-Paarl, was ’n restaurantbestuurder op ’n wynplaas in Suid Agter-Paarl toe die blinkswart BMW Z4 beskadig is. Ander motors is ook in dié botsing beskadig.
Kapt Charles Daniels en konst Conway Benjamin van die Paarlse motordiefstaleenheid het snuf in die neus gekry en ná deeglike ondersoek bevestig dat die motor valslik as gesteel aangemeld is.
Cordy is aangekla van dwarsboming van die gereg. As eerste oortreder, en nadat sy berou getoon het, kon Cordy ’n skulderkenningsboete van R700 vir roekelose en nalatige bestuur betaal.
Volgens kapt Daniels word verklarings van motordiefstal “van alle kante” ondersoek.
Thomas Brushby, ’n Vishoeker wat verlede Dinsdag sy VW Jetta as gesteel aangemeld het ná ’n ongeluk op die hoek van Meul- en Hoofstraat, het hierdie week in die Paarl Landdroshof vir regsverydeling verskyn.
Inligting dat Brushby om 02:00 onder die invloed agter die stuur sou wees en na bewering die botsing veroorsaak het, het gemaak dat sy posisie van klaer na aangeklaagde verander het.
Skakel kapt Daniels met inligting (083-983-0189) wat hy in strengste vertroue sal hanteer. Belonings word betaal vir inligting wat tot suksesvolle skuldigbevindings lei.
* Daar word ook gereeld valse verklarings afgelê ná sogenaamde verkragtings, sê insp Julia Claasen.
“Die sake verg intensiewe ondersoek, met waardevolle ure wat polisiebeamptes daaraan spandeer.
“Valse verklarings is dwarsboming van die gereg, en sal gestraf word.”
* Those defeating the ends of justice by laying false charges concerning “stolen” vehicles will be severely punished, the police have warned.
More
News
|