Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liewe stadsaal

Liewe stadsaal
 
2008-02-21


ONS dorp beskik oor ’n baie indrukwekkende stadsaalgebou met mooi gewels, vensters en kloktoring. Die hoofingang met sy kliptrappe, stoep en pilare verleen ekstra status aan die gebou, baie mooi.

Maar o wee!! Verwaarloos en vervalle. Aan die noordelike ingang lê sand, bakstene en klippe vir die afgelope agt of nege jaar.

By dieselfde ingang is daar met spuitverf teen die muur geskryf en dit is al daar vir seker meer as nege maande of langer.

Die geute is geroes en stukkend en die bruin roes trek strepe van die dak tot die grond en die mure kort definitief ’n lagie verf.

Aan die munisipale amptenare: Julle gaan nog so sit, in veral die banketsaal, dan gaan die dak intuimel.

Amptenaar, kontak my by 072-260-3548 dan kom kuier jy vir vyf min by my, dan wys ek jou hoe die kompleks skuins van agter lyk.

Jy gaan net nie tee aangebied word nie, want amptenare wat ’n bate so laat verwaarloos verdien nie ’n koppie koffie nie, maar eerder om in die pad gesteek te word.

Ek lees dat Peter de Villiers se ete het R150 000 gekos. Ek vra maar net, hoe dan nou??




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za