Gimmies breek atletiek-rekords
2008-02-21
TYDENS Hoërskool Paarl Gimnasium se jaarlikse seshoekige atletiekbyeenkoms wat op Stellenbosch gehou is, het verskeie atlete van die gasheerskool goeie prestasies behaal. Die Gimmies moes hul slag ken teen Worcester Gimnasium, Jan van Riebeeck, Hoërskool Brackenfell, Hoërskool Bellville en Hoërskool Vredenburg. Een van die byeenkoms se groot uitblinkers was Jan Louw Kotzé, ’n o.14 diskus-at- leet van Gim wat ’n afstand van 51,35m behaal het. Met sy prestasie het Kotzé ’n nuwe byeenkomsrekord opgestel en 1450 tabelpunte ingesamel. Kotzé het ook die seuns o.14 gewigstoot gewen (15,26m) en hiermee nog 960 punte verdien. Ander uitblinkers vir Gim tydens die byeenkoms was Jannie Briers-Louw (seuns o.14, 800m in 2:03.8), Elizma Schultz (meisies o.15 spiesgooi in 33,73m), Jeanne-Marie Senekal (o.17, 100m in 12,3 sekondes) en Ilse Louw (meisies o.17-diskus in 32,03m). Briers-Louw, Schultz en Louw se prestasies, asook Paarl Gim se meisies o.19 4x100m-aflosspan (51,0 sekondes), het vir nuwe byeenkomsrekords gesorg.
More
News
|