DIE President se toespraak vir die nasie moet nie op dowe ore val nie.
Sy oproep is dat misdaad met meer tentakels vasgevat moet word. Ons kan nie meer stilsit en kyk hoe ons kinders se lewens deur honger geldwolwe en Tik-mon- sters verdoem word nie.
Al die gebiede in Drakenstein gaan ten gronde, want kyk maar hoe sit hulle op die hoeke. Maar, en hul oë wys dat hulle verslaaf is.
Hier in Charleston Hill kan u baie van hulle sien. Dit is asof die manne rondgaan en kyk wie se kind is volgende.
Ouers, moenie dink u kind kan nie die volgende prooi word nie.
Dit maak ’n mens se hart baie seer om te sien hoe my en u kind voor ons oë verteer. Die manne spog met geld en grand karre en ons kinders, ja u dogter, val daarvoor.
Die polisie veg ’n verbete stryd, maar hulle sal harder moet optree. Dit is nou tyd dat hulle in honderde opmarsjeer en die uitvaagsels verwyder uit die gemeenskap.
Ons kan nie net sit en kyk hoe ons geliefde kinders se lus vir die lewe uitgewis word nie.
Elke individu, elke regdenkende mens, het ’n verantwoordelikheid om dié mense uit te wys. Ons moet die polisie help en hulle vertrou.
Hulle probeer ten minste iets doen, maar dit lyk dan of ons dit net aanvaar.
Aan die Raad, wil ek vra wat doen julle? Absoluut niks.
Weet u dat u die reg het om mense te laat uitsit wat ’n munisipale huis gebruik vir onwettige dinge?
Dit is nou tyd vir die polisie om die wette te gebruik en alles wat die manne het, te vat en of verkoop of vernietig.
Slaan hulle elke dag, maak hulle seer, want hulle gee nie om vir my kind en u kind nie. Dalk moet ons die wet in eie hande neem en hulle vertrap tot in die grond.
Ons kan nie meer wegkyk en niks doen nie. Ek vra u mooi as ouer, familie, skool, kerk, organisasie en buurtwagte om saam te staan.
Red ons kinders, om hemelsnaam.