Loopbaanuitstalling vir skoliere
2008-02-21
DIE jaarlikse loopbaanuitstalling vir Bolandse leerders word Dinsdag en Woensdag in die Paarlse stadsaal gehou. Die uitstalling word gereël deur die Paarl Skoolsielkundiges in samewerking met Paarl Tafelronde. Meer as 50 uitstallers waaronder universiteite, technikons, kolleges vir beroepsonderwys en ander instansies sal senior leerders raad gee oor beroepe en studierigtings. Die uitstalling sal Dinsdag van 09:00 tot 17:00 en Woensdag van 08:15 tot 13:00 oop wees vir die publiek. Vir navrae, skakel Danie Rabie by 021-860-1200.
More
News
|