Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Piekniekfees het my en my gesin teleur gestel

Piekniekfees het my en my gesin teleur gestel
 
2008-02-28


EK weet nie wie die organiseerders van die piekniekfees by Bien Donné was nie, maar een ding staan uit. Dit is die mees onaangename, ongeorganiseerde ding wat plaasgevind het.

Ek en my familie was daar die Sondag en het die toegang betaal. Alles wat die organiseerders beloof het oor die radio onder ander soos die perdekarretjies was nie eens daar gewees nie, wat nog te sê van die 100de kosstalletjies. Ek kon net drie kosstalletjies kry, die ander was drankstalletjies, Nou hoe reël ’n mens ’n piekniek vir ’n familie van vyf mense wat onder andere drie kinders insluit, en daar is meer drank as wat daar koeldrankprodukte is, wat nog te sê van kosstalletjies.

Wat vir my ironies is, is dat indien daar een of twee van die stalletjies van die Paarl was, was dit baie. Nou vra mens dan, hoe kan dit dan gebeur? Amper niks stalletjies van die Paarl.

Nee, die Wingerdfees het niks met die saak uit te waai nie. Dit het met die organiseerders te doen wat die saak probeer bemark, maar vir die mense ’n wanvoorstelling gemaak het.

Dit is ’n mors van tyd en geld, sies man, mors ander se geld of reël iets ordentlik.

Anoniem

Chris de Klerk van Cadek Media reageer:

Ons as organiseerders het nooit beloftes gemaak van 100de kosstalletjies nie. Ons het wel bemark dat daar kos- en wynstalletjies by die fees sal wees by wie jy jou piekniekhappies en wyn kon koop.

Die Piekniekfees se konsep is die skep van ’n veilige piekniekarea en atmosfeer waar families en vriende lekker kan kuier en kwaliteit tyd met mekaar kan spandeer. Dit sluit die piekniekarea in, lewende musiek, kos- en wynstalletjies en dinge om te doen vir die kleinspan. Ons is van mening dat die verskeidenheid geregte wat aangebied is by die stalletjies voldoende was om ’n piekniek te hou.

Die piekniekfees is nie ’n wynproe- en kosproefees nie! Baie mense verwag dat die kaartjieprys hope verniet kos- en wynproe insluit. Die hekgelde word gebruik om vir die fasiliteite soos die huur van die grond, verhoog en klank asook kunstenaars te betaal.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za