Oggend van die Vrou
2005-03-09
DIE Hoërskool Labori hou Saterdag om 10:00 sy gewilde Oggend van die Vrou in die skoolsaal.
Kom kuier en lag saam met Elsabe Aldrich, skrywer en pretmaker, om die tema “Waar kom vroue se woema vandaan?”.
Ligte versnaperings met tee of koffie word bedien. Vroue kan ook meer te wete kom oor watter tipe juwele by watter gesig en uitrusting gedra kan word.
Kaartjies is R50 elk by die skool (872-8293) of Elsa van Zyl by 073-123-8387 of 872-9263.
More
News
|