’n AGTTIENJARIGE skoolseun is Sondagmiddag onder vreemde omstandighede in sy bed dood gevind.
Randall Swartz het dié middag omstreeks 16:00 by sy woonstel in Magnolia-woonstelle aangekom en op sy bed gaan lê.
Later die aand het Randall se suster, Karin Cupido, op sy liggaam afgekom toe sy gaan kyk het hoekom hy nog slaap. Sy nek was vol bloed. Daar word vermoed dat Randall in die omgewing aangeval is en sy pad huis toe gevind het. Hier het hy vir niemand van die voorval vertel nie.
Randall was ’n matriekleerder aan Charleston Hill Sekondêr Skool. Hy word oorleef deur sy ma Rosie Swartz, sy suster en twee broers, Riaan en Shaun.
Sy begrafnis vind Saterdag om 09:00 vanuit die huis in Magnolia-woonstel F7 plaas.
* ’n Plaaslike man, Elliot Neft (44) is onlangs in die Paarl Hospitaal oorlede. Sy adres en naasbestaandes is onbekend. Enig- iemand wat kan help kan vir Ruben Andreas skakel by 021-872-1711.