Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lyk verlate in rivier gevind

Lyk verlate in rivier gevind
 
2008-02-28


Lise Beyers

’n BEJAARDE vrou van die Bergrivier-plase is die naweek in rou gedompel, nadat die liggaam van haar seun uit die Bergrivier gehaal is.

Alida Pieterse en haar seun, Thinus Damonse (40), het saam- gewoon op Voëlgesang-plaas.

Alida vertel dat sy verlede Dinsdag vir haar dogter gaan kuier het op ’n ander plaas in die omgewing. Met haar terugkoms tuis het Thinus spoorloos verdwyn.

“Ons het nie geweet waar hy is nie, want hy is verstandelik gestremd en het nie veel vriende gehad nie.

“Hy het Donderdag skielik weer verskyn sonder ’n verduideliking. Vrydag het hy oor die brug van die rivier gestap, en dit is die laaste keer wat ek vir hom gesien het.”

Thinus se liggaam is Sondagoggend in vlak water in die Bergrivier gevind deur werkers by Zanddrift-plaas.

Sy hande was agter sy rug vasgebind en hy het verskeie kneusplekke aan sy gesig gehad.

Die hulp van die polisie is dadelik ingeroep, maar die gebeure wat gelei het tot Thinus se dood is steeds onduidelik.

Daar word vermoed dat hy reeds dood was voordat hy in die rivier gegooi is.

Thinus word op Saterdag 8 Maart vanaf die woning op die plaas begrawe.

Enigiemand wat die polisie kan help met inligting oor sy dood, of vir hom oor die naweek gesien het, kan vir insp Kees Pietersen skakel by 021-864-9600.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za