Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog ’n bewaarder sterf

Nog ’n bewaarder sterf
 
2008-02-28


Lise Beyers

NOG ’n bewaarder van Drakenstein Gevangenis is die afgelope week in ’n gru-

ongeluk op die Wemmershoekpad dood.

Lawrence Stander (29) het verlede Woensdagaand omstreeks 19:00 in die rigting van die Paarl gery, toe hy beheer oor sy bakkie verloor het.

Die bakkie het teen ’n aankomende vragmotor gebots, waarna die vragmotor omgeslaan het.

Stander is op slag dood, maar die vragmotorbestuurder en sy passasier is ongeskonde.

Stander, wat ’n boorling van Oudtshoorn is, sou 1 Maart reeds ’n jaar by Drakenstein Gevangenis gewees het.

Hy word oorleef deur sy vrou Jackie, wat by die Oudtshoorn Gevangenis werk, en sy eenjarige dogter, Lauren.

Dit is nie die eerste keer dat ’n bewaarder hier dood is nie.

Kort voor die ongelukstoneel staan die kruise van verskeie ander slagoffers van Drakenstein Gevangenis wat hier verongeluk het.

Sedert 1999 het nege mense wat betrokke was by die gevangenis op dié doodspad gesterf. Hierdie ongelukke word dikwels geblameer op die gevaarlike stuk pad tussen die Paarl en Drakenstein Gevangenis.

Volgens padverbruikers is die pad grotendeels te nou en die oppervlak is ook nie na wense nie.

Onlangs is die pad verbreed by Pearl Valley en Boschenmeer. ’n Woordvoerder van provinsiale paaie het gesê dat dié pad ook vanaf die N1 tot by Pearl Valley verbreed sal word om die toenemende vloei van verkeer te handhaaf, weens voortgaande ontwikkeling in die gebied.

Tans is daar nie planne in die pyplyn om die hele pad tot by die aansluiting met die Franschhoekpad te verbreed nie.

Ander pendelaars wat daagliks die pad gebruik, blameer die tronkbewaarders vir die ongelukke weens hul neiging om baie vinnig en onverskillig op dié pad te ry.

* Another prison warder has died on the Wemmershoek road.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za