Skep unieke houers by werkswinkel
2008-02-28
DIE Paarl Blommeklub hou 地 werkswinkel Dinsdag om 19:00 in die saal van die NGK Drakenstein in Kotzestraat, Denneburg. Dit beloof om 地 baie opwindende en leersame ervaring te wees, want lede maak self hul eie houers. Lede kan al by die huis met die aanvoorwerk begin. Enige van die volgende kan as houers gebruik word: kartonhouers, 地 ou blik, plastiekpyp, platgekapte koeldrankblikkies, stokkies, bamboes, riete, tou met tekstuur, wol, vere, draad of bring 地 ou houer om op te kikker. Vir bogenoemde projek moet elke deelnemer die volgende saambring: 地 voorskoot, gom, sk靡, tang, hamer, maskeerband, krammasjien en 地 swart sak. Kom verstom en inspireer die klub met jou oorspronklikheid en unieke skeppings. Die wisseling van idees sal baie stimulerend wees. Vir meer besonderhede, skakel Marieke Smit by 021-863-2152 of Arlene van der Walt by 021-863-1774.
More
News
|