Paarl trek tou
2008-02-28
Die Paarl Toutrekklub bestaan uit leerders van skole in die Paarl en Wellington omgewing en het tans 29 kaalvoet en 25 stewel-trek- kers. Hulle is reeds vanaf Januarie hard besig met voorbereiding vir die WP/Boland-kompetisie, waar daar gaan bepaal word wie vir WP en Boland by die SA-kampioenskappe gaan verteenwoordig. Die WP/Boland-kompetisie vind Saterdag plaas te Helderberg in die Strand. Die SA-kampioenskappe vind 13 en 14 Maart plaas by HTS, Kimberley. Van links vat Leon Verwey, Gerhard Schietekat en Philip Lange voor in die o.19 span se oefening.
More
News
|