Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


R10m kliniek open in Simondium

R10m kliniek open in Simondium
 
2008-02-28


May Saal

MAANDAG was ’n heuglike dag vir die gemeenskap van Simondium met die opening van ’n węreldklas-gesondheidskliniek deur minister Pierre Uys van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Marius Fransman van Departement van Openbare Werke.

Die voorsitter van die gemeenskapsgesondheidsforum in Simondium, Henry Valentyn, het die gemeenskap aangemoedig om om te sien na die gebou.

“Dit is ons, Simondium se mense, se kliniek. Ons moet daarna kyk deur dit so mooi en netjies te hou,” was Valentyn se pleidooi aan die gemeenskap.

Hy het ook sy hoop uitgespreek dat dit nie die laaste gebou sal wees wat aan Simondium se men­se oorhandig sal word nie: “Minister Frans­man, Si­mon­dium het ook ’n gemeenskapsaal nodig om ons kinders besig te hou en sodoende van die strate af te hou,” aldus Valentyn.

Minister Fransman het gesę dat die R10 miljoen vir die oprigting van die gebou reg spandeer is.

“Dit het ons 15 maande geneem om die kliniek te voltooi en tydens die bouery is 107 werks­ge­leent­hede geskep vir plaaslike mense en vaardighede soos steenmakery is aangeleer.

Minister Uys het aangevoer dat dit vir die Departement Ge­sondheid se men­se wat by die kliniek werksaam is, ’n groot uitdaging is.

“Ons is hier vir een rede, en dit is om die gesondheid van elke persoon te bevorder,” het Uys gesę.

Hy het ook die gemeenskap aangemoedig om die fasilitieit op te pas.

Die nuwe Simondium kliniek sal maandeliks ongeveer 1300 pasiënte hanteer en ’n omvattende primęre gesondheidsorgdiens aan Simondium en die omliggende landelike gebied lewer.

Die nuwe moderne kliniek vervang die ou Simondium en Groot Drakenstein klinieke en is in lyn met die Departement van Gesondheid se verbintenis om primęre gesondheidsorg te versterk en ’n kwaliteit diens aan al die inwoners te lewer.

Die nuwe kliniek beskik oor ’n apteek en ses opgeleide verpleegsters. Die kliniek is weeksdae van 07:30 tot 16:30 oop.

’n Mediese dokter sal die kliniek besoek op Maandae en Dinsdae, terwyl maatskaplike, psigiatriese en dieetkundige dienste ook op vasgestelde dae beskikbaar is.

Een mobiele kliniek sal daagliks na omliggende plase en fabrieke uitry vir mense wat nie die kliniek kan besoek nie.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za