Bergrivier wen op Malmesbury
2008-02-28
SATERDAG het Bergrivier krieketklub na Malmesbury gereis vir sy kragmeting in die 45-boul- beurt kriekettoernooi. Bergrivier het die loot gewen en die tuisspan is ingestuur om te kolf. Bergrivier se Kurt Carolissen (4/19) en Jakob Adams (4/27) het uitstekend geboul en Malmesbury is uitgehaal vir 68 lopies. Bergrivier het met sy kolfbeurt 69 lopies aangeteken vir die verlies van 4 paaltjies. Ryan Mouton (41, 1x4 en 4x6) het goed gekolf. Bergrivier het die wedstryd gewen met ses paaltjies. * Saterdag speel Bergrivier tuis teen Paarl krieketklub (45- boulbeurte). Sondag speel Bergrivier weer tuis teen Wellington (20/20 kriekettoernooi).
More
News
|