Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liedjieskrywer sing in die Meul

Liedjieskrywer sing in die Meul
 
2008-02-28


DIE sanger en liedjieskrywer Phillip de Villiers sal gaste vermaak by die Ou Meulteater Saterdag 8 Maart om 20:00.

Philip het, toe hy ses jaar oud was, sy eerste liedjie geskryf . Philip speel ook al vandat hy agt is trekklavier.

In 1992, toe hy 16 was, het hy die nasionale Ithuba-liedjieskryfkompetisie gewen, met ’n musiekvideo op die destydse TV1, en R10 000 prysgeld.

Hy is toe met sy trekklavier na Europa en die VSA, waar hy mense op sypaadjies vermaak het met boeremusiek van Regentstraat in Londen tot in Broadway, New York, en die Franse kwartier in New Orleans.

In 2002 is hy aangewys as die beste liedjieskrywer by die ATKV se liedjiewerkskool in Kaapstad, met “Veel te redde’’.

Oor sy debuutalbum Ek hoor jou sê hy, “Ek is so bly die album is goed deur die publiek én die media ontvang. My droom was nog altyd om gehalte-musiek te kan skep wat almal kan geniet.

“Ek wil ’n blywende bydrae lewer met onthoubare melodieë en onvergeetlike lirieke, wat toeganklik is vir die man op straat.”

Kaartjies is R50. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za