Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wilde fietsresies sorg vir wilde uitslae

Wilde fietsresies sorg vir wilde uitslae
 
2008-02-28


SATERDAG was die duiwel los onder die jonger deelnemers en hulle ouers tydens die Wilde Fruit Juice ligaresies wat op Wellington aangebied is nadat die twee voorlopers in die afdeling vir junior skoliere (o.12 en o.14) die verkeerde roete aangewys is.

Volgens Peter Daniels, ’n nasionale keurder van Suid-Afrikaanse fietsryers asook ’n ouer van een van die twee junior deelnemers, Bradwin Daniels, was sy kind en ’n ander deelnemer (Oliver Stapleton-Cotton) geen punte toegeken nie, nadat hulle die gidsmotor aanhou volg het nadat hy die verkeerde afdraai op die aangeduide roete geneem het.

Die twee fietsryers het boonop ’n baie groot voorsprong voor die res van die bondel gehad.

Daniels is van mening dat die skeidsregter na ’n tyd besef het dat hulle op die verkeerde roete is en steeds die laaste 10km die twee fietsryers gevolg het.

“Die uiteinde was dat die deelnemers die wedren afgesluit het sonder dat enige podium-plekke of punte aan hulle toegeken is,” sê Daniels.

Volgens Daniels is die enigste reaksie wat die betrokke skeidsregter oor die voorval gehad, dat die deelnemers die roete moet ken.

“Dit gaan my verstand te bowe dat ’n soortgelyke voorval plaasgevind het tydens die Medallion Tour de Stellenbosch 3 Februarie waartydens dieselfde twee deelnemers betrokke was,” sê Daniels.

“Met sowat 10km om te gaan was die verkeerde roete aan die ryers aangedui. Aan die einde het hierdie selfde twee deelnemers geen posisies ontvang nie, aangesien beamptes en die hoofskeidsregter aan die ryers verduidelik het dat hulle die roete moet ken.”

Volgens André Gilliland, organiseerder van die fietsren namens die Lions, is hy bewus van die misverstand, en voel hy baie jammer dat dit so moes uitdraai.

“Die roetes word egter vooraf bekend gemaak aan die deelnemers, maar in hierdie geval het ’n verkeersbeampte die verkeerde roete aangedui.

“Daar word egter verwag van die deelnemers om die roetes te ken aangesien die roete kort voor die wedren kan verander as gevolg van padwerke en so meer,” sê Gilliland.

“Dit is verstaanbaar dat die juniors die verkeersbeamptes gevolg het. Wat die toekenning van punte aanbetref is dit egter iets wat die Pedal Power Association moet uitklaar.”

Volgens Hein Kroff, bekende fietsryfiguur van die Paarl, is daar ’n internasionale fietsryreël wat sê dat fietsryers die roete moet ken.

“My persoonlike gevoel is egter dat mens nie kan verwag dat dieselfde vir jong kinders moet geld nie. As jy ’n motor het wat die leiding neem, en die junior fietsryers volg agterna, dan is die onus op die beampte om die roete te ken,” sê Kroff.

“Ek voel dat beamptes in dié geval hul diskresie moet uitoefen, en wanneer dit met kinders te doen het, moet die beamptes verantwoordelikheid aanvaar.”

Volgens Kroff sou die beste oplossing wees om geen punte aan enige van die deelnemers in die kategorie toe te ken nie, indien daar ’n dispuut tussen ouers en beamptes is.

Indien die kinders gepenaliseer word omdat hulle die verkeerde roete gevolg het, sê Daniels, “Wat is dan die doel van gidsmotors by so ’n byeenkoms? En wat is dan die doel van ’n skeidsregter?”

“Indien Fietsry Suid-Afrika nie gaan ingryp nie, voorspel ek regtig ’n afname in ons getal jong fietsryers,” sê Daniels.

“Indien ons regtig kompeterend in wêreldfietsry wil word, dink ek die tyd het aangebreek dat die verskillende rolspelers hulle pligte reg sal uitvoer.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za