Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dief gepootjie deur eie ID

Dief gepootjie deur eie ID
 
2008-03-06


’n VERMEENDE dief is vasgetrek nadat hy sy identiteitsdokument by sy slagoffer se huis laat val het.

Die inbraak het verlede week plaasgevind in Oranjestraat.

’n Dief het vermoedelik toegang tot die woning gekry deur op die dak te klim en deur een van die dakvensters van die ou huis te klouter.

Hy is vermoedelik verwilder toe die eienaars by die huis aangekom het, maar nie voordat hy verskeie waardevolle goedere in die hande gekry het nie.

’n Polshorlosie, digitale kamera. en duur juwele ter waarde van meer as R15 000 is gesteel.

’n Hoëtroustel en DVD-speler is ook ontkoppel, maar die dief is op daardie stadium vermoedelik verwilder.

Die jong man het tydens sy strooptog sy identiteitsdokument laat val en het onbewus daarvan gevlug.

Na intensiewe ondersoek deur die polisie, is die twintigjarige Rowan Claasen, wie se boekie op die toneel gevind is, in hegtenis geneem. Sy vingerafdrukke is ook op die toneel gevind.

* An alleged burglar was caught after dropping his identity document at the scene of the crime.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za