Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom is dié hondjie sommer uitgesit?

Hoekom is dié hondjie sommer uitgesit?
 
2005-06-23


EK het Dinsdag 8 Junie ’n babahondjie gered van plakkers by Klapmuts. Dieselfde dag het ’n ander vrou ook een weggeneem van dieselfde mense.

Ek het die hondjie na die Paarl DBV geneem en gevra waar die ander enetjie is wat die ander vrou vroeër ingebring het.

Die dame het vir my gesê hulle het die hondjie van kant gemaak. Ek het haar gevra hoekom en sy het my geantwoord dat die hondjie luise gehad het.

Dit was ’n pragtige hondjie en ek sien nie dit as genoeg rede om net ’n klein hondjie van kant te maak nie.

Ek gee haar my selnommer en vra dat as die veearts die een wat ek in- gebring het die volgende dag klaar ondersoek het, sy my asseblief sal skakel.

Ek was bereid om kostes te dra, sou daar enige medikasie benodig word en ek sou hom aanneem. Sy het ingestem.

Die volgende dag het sy my nie gebel nie. Ek het haar toe die Donderdag geskakel en al wat sy gesê het, was dat hulle hom van kant moes maak.

Ek het haar die rede daarvoor gevra en al rede wat sy my kon gee, was dat die hondjie ondervoed was.

Ek het haar gevra hoekom niemand my eers gebel het nie. Sy het gesê hulle was te besig.

Dit is vir my onaanvaarbaar. Ek is spyt ek het nie eerder na Wellington DBV gegaan nie.

Daar doen die mense alles in hul vermoë vir die diere voordat dit net van kant gemaak word.

Diereliefhebber

Die voorsitter van die Paarl DBV, Thys Blom reageer: Die Vereniging wil eerstens vir Diereliefhebber opreg bedank vir haar reddingspoging.

Die Paarl Dierebeskermingsvereniging se hoofdoel is die voorkoming van wreedheid teenoor alle diere.

Ek kan vir Diereliefhebber en die gemeenskap van Drakenstein die versekering gee dat wanneer genadedood toegepas word dit tot
voordeel van die diere sal wees. Ek wil graag ook vir Diereliefhebber
uitnooi om in die toekoms met my te skakel.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za