Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitstalling leer krag spaar

Uitstalling leer krag spaar
 
2008-03-06


Kragverbruikers wat alternatiewe soek vir die besparing van krag kan gerus die Slimkrag Expo (Smartpower Expo) bywoon vandag by die Provençe Konferensiesentrum in Wellington.

Dit word deur die Wellington Sakekamer aangebied met die doel om verskaffers van alternatiewe kragbronne (sonkrag, windkrag, kragopwekkers, diesel, batterye en dies meer) en verskaffers van kragbesparingstoestelle soos fluoorlampe en geyserkomberse almal onder een dak bymekaar te bring.

Verbruikers gaan almal op een plek al die alternatiewe kan ondersoek en tydig besluite kan neem om hul in staat te stel om krag te bespaar en alternatiewe in plek te stel vir kragonderbrekings wat nog vir die volgende vier tot ses jaar deel van ons lewens gaan uitmaak.

Volgens Max van der Wath, Kragkrisis- pro­jekleier van die Wellingtonse Sakekamer, gaan die kragkrisis en gepaardgaande verhogings in tariewe verreikende negatiewe gevolge hê vir verbruikers van elektrisiteit in die Drakenstein munisipale area.

Oor die algemeen gaan kragverbruikers aansienlik duurder moet betaal vir krag want Eskom se beplande tariefverhoging van 14,2% gaan binnekort intree en van 1 Julie sal die verbruiker meer betaal.

Die nuwe elektrisiteitsheffing van 2c per kWh en die Drakenstein Munisipaliteit se jaarlikse tariefverhoging van minstens inflasie plus 5% (gebaseer op onlangse begrotings) kan beteken dat elektrisiteit die Drakensteinse verbruiker vanjaar minstens 20% tot 25% meer sal kos.

* Die Drakenstein munisipale raad het verlede week besluit tariewe styg met 12%




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za