Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport dagboek

Sport dagboek
 
2008-03-06


RUGBY

Die Senior Paarl Streekspan asook die o.20 span oefen Woensdag om 19:00 te Faurestraat-stadion ter voorbereiding van hul wedstryd op 29 Maart teen SK Walmers. Afrigters van deelnemende klubs asook keurders word versoek om die oefening by te woon. Skakel Ganief Dulvie by 082-226-9307 of James Pedro by 073-044-3989.

KARATE

Hayashi-Ha Karate se gradering vind Saterdag om 09:00 plaas by die Drakenstein gevangenisterrein. Saterdag 15 Maart is daar ’n Boland-toernooi by Allandale.

GHOLF

Op 15 Maart bied HJS die Johan Louw Konstruksie gholftoernooi aan by Boschenmeer.

Die toernooi sal in die vorm van ’n Vierbalbeterbal-stableford gespeel word. Kostes beloop R1 200 per span. Kontak Lance Pepler by 082-787-2472.

KRIEKET

Die jaarlikse interskole krieketderby tussen New Orleans en Klein Nederburg Sekondêr vind Saterdag op die Parys-velde plaas.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za