DAGGA met ’n straatwaarde van meer as R25 000 is verlede week by ’n gewilde adres vir jeugdiges by Wellington ontdek.Toe die polisie toegeslaan het by die vermeende dwelmhuis in Swartbergstraat, Wellington, is beslag ge- lê op 5kg dagga en kontant.
Die sowat R30 000 kontant is vermoedelik dwelmgeld verkry van die jeugdiges wat alle ure van die dag en nag om die perseel draai.
Die huiseienaar, Thando (Bles) Magongo, is Woensdag aangekeer vir besit van dagga en handel dryf met onwettige dwelms.
Die perseel is al telkemale deur die polisie deursoek.
Met ’n besoek deur die polisie Dinsdag, het hulle afgekom op jong mans wat besig was om koerantpapier in stukke te knip om dagga in toe te draai.
Woensdag het die polisie met inligting van die gemeenskap, weer ’n klopjag uitgevoer.
Met behulp van konst Terence Maurice en sy polisiehond Chess is daar op die groot hoeveelheid dagga afgekom in ’n opslaanhok agter die woonhuis.
Die los dagga, 39 pakke en 1 410 stopppe, het ’n straatwaarde van R25 000.
Magongo is op borgtog van R300 vrygelaat toe hy verlede Donderdag in die landdroshof op Wellington verskyn het. Die saak is tot 11 April uitgestel.
* Dagga with a street value of R25 000 has been confiscated in Wellington during the police’s ongoing war on drug lords.