Smokkelaars kou klippe
2008-03-06
Malané Bosman
BESLAG is vanjaar reeds gelę op derduisende rande se dag- ga wat styf in plastiek toegedraai en in liggaamsholtes gedruk, in Paarlse tronke ingesmokkel was. Die dagga, “bullets” soos dit op straat genoem word, is in roetine-skoonmaakoperasies in die tronke ontdek. Verhoorafwagtendes hou die toegedraaide dagga byderhand en wanneer hulle tronkstraf opgelę word, druk hulle die “bullet” in hul anus op. By die tronk word die “luuksheid” uitgedruk en vir meer as dubbeld die straatwaarde verkoop. ‘n “Bullet” kos tot R100 in die tronk. ’n Plastieksakkie, ’n sogenaamde “bankie”, word verkwansel vir R15 op straat en tot R60 in die tronk. Gevangenes kry ook op ander maniere as by die hof die toegedraaide dagga in die hande. Gevangenes wat buitewerk verrig, neem meer as net ’n goeie dosis buitelug terug na die selle. Soos hierdie week gebeur het toe buitewerkers op die perseel van die Area-Misdaadbekampingspolisie in Klein Drakenstein, betrap is met “bullets” wat hulle vermoedelik deur die draad gekry het. * Prisoners have been caught redhanded smuggling dagga.
More
News
|