Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Erfstuk lê in sloot

Erfstuk lê in sloot
 
2008-03-06

Malané Bosman

“TORRA” is hierdie week afgeskryf, en op só ’n wyse dat gesoute polisiemanne en -vroue van die Paarl skaars hul skok kon wegsteek.

Daar is min lede van die polisiediens wat nie weet wie Torra is nie, wat nie al in haar skoot gesit het nadat hulle deur haar opgetel is nie.

Maar eintlik behoort Torra, die silwerkleurige Toyota Corolla, met haar 283 111 km agter die blad, aan konstabel Howard Manuel, uniformlid by die Paarl polisiestasie.

Hy het haar geërf by sy ouer broer wat haar weer geërf het by hul ouer suster.

Dié suster is insp Hildegard Mackier, kommunikasiebeampte van die Paarl polisie.

“Ek is vandag baie hartseer. Ons gesin het ’n erfstuk verloor,” het insp Mackier Dinsdag gesê.

Konst Manuel was Maandagnag aan diens en op patrollie in Denneburg toe hy die radioboodskap kry.

’n Bewaarder het ’n harde slag buite Allandale gevangenis gehoor en toe die polisie ondersoek instel, sien hulle ’n motor lê met die neus diep in ’n sloot langs die pad.

“Behoort Charlie Juliet 47755 aan jou?” het die kollega die nag om 02:30 oor die radio gevra.

“Want dan het ek vir jou slegte nuus, meneer. Jou voertuig is pas gesteel en lê afgeskryf in ’n sloot.”

’n Besoek aan die toneel het konst Manuel so geruk dat hy glo skaars sy verklaring kon skryf. Die vorige aand nog was Torra dan veilig agter ’n hek in sy erf in Waterbokstraat.

“Ek het in 1991 by die polisie begin werk en met my eerste bonus die deposito neergesit,” vertel insp Mackier.

“In 1995 het ek getrou, en toe gee ek die kar af vir my broer wat toe in die huis bly. Toe hy in 2002 trou, gee hy die kar weer af aan ons jonger broer.

“So het ons altyd gesorg dat daar vervoer was vir ons moeder. En nou is sy nie meer nie, gestrip van radio/CD en luidsprekers en afgeskryf.”

* A Paarl policeman’s private vehicle was stolen from his home and ditched.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za