Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsryer dankbaar oor laste

Fietsryer dankbaar oor laste
 
2008-03-06


MENS vergeet maklik dat padgebruikers nie net uit motoriste bestaan nie.

Op ’n fiets, byvoorbeeld, beleef jy paaie heeltemal ‘anders’ as wanneer jy per motor ry.

Dus moet ons dankie sê aan die betrokke Drakenstein owerheid wat ons fietsryers ’n onverwagse ‘Kersgeskenk’ gegee het met die verbetering van die lasplekke op die Markstraat-brug oor die Bergrivier.

Ná aan die randsteen - waar jy uit die motors se pad bly met jou fiets - was daardie bultende laste darem net te (sal ons maar sê) lastig...

Jou fiets skud en jou lyf stamp en die verkeer (so kort na die sirkel) het jou alreeds onrustig gelaat!

Maar nou’s dit iets van die verlede en kan ons fietsryers op gelyke voet met die motoriste hierdie brug gebruik. Dankie tog!

Daar’s nou nog die kwessie van pad-instandhouding by ander gewilde fietsroetes, soos byvoorbeeld deur Noorder-Paarl.

Maar wie weet, dalk verras Drakenstein ons weer met ’n geskenk. Hierdie keer een waarby motoriste beslis ook sal baat.

Maar ons wil nie kla nie, net dankie sê vir die verbeterings aan hierdie brug!

Dankbare fietsryer




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za