Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak diens laat diewe maklik wegkom

Swak diens laat diewe maklik wegkom
 
2005-06-23


ONS het sedert die dae van Protech ‘n gewapende reaksie-kontrak met wat nou as ADT bekend staan.

Op Sondagoggend 12 Junie om half een is by ons huis op Nantes-plaas, Noorder-Paarl, ingebreek.

Dit het vir ADT meer as een en ‘n half uur geneem nadat hulle die alarm geregistreer het om op die toneel van die inbraak te kom. Die SA polisie was in tien minute daar nadat hulle deur ADT van die inbraak in kennis gestel is.

Toe ek probeer om met mnr Emile Weber, ADT area-bestuurder, in kontak te kom, is ek deur die kontrolediensbeampte “Willie” in kennis gestel dat mnr Weber my gedurende kantoorure op Maandag oor die insident sal spreek.

Eers na sowat tien selfoonoproepe na Hermanus se ADT en Kaapstad se ADT om my te help, en na twee uur van redekawel, het mnr Emile Weber my gebel.

Dit is verbasend dat hierdie norm van growwe nalatigheid, deur ADT se bestuur so argeloos hanteer word. Skynbaar beskou hulle die nie-nakoming van hulle mees fundamentele kontraktuele verpligtinge as “insidente”.

Ek doen ‘n beroep aan ander ADT kliënte met soortgelyke ervarings om briewe aan Paarl Post te skryf oor hulle ervarings. Dit is so ‘n belangrike diens aan die Paarl gemeenskap dat dit nie net daar gelaat kan word nie.

Intussen, aan die ADT kliënte wat op wintervakansie weggaan: Kan julle rustig slaap?

PH Spies

Rob Dale, bestuurder Spesiale Projekte vir ADT Security, Wes-Kaap reageer: ADT het ‘n alarm-aktivering van mnr Spies se eiendom op Sondag 12 Junie ontvang en onmiddellik ‘n ADT-voertuig uitgestuur.

In hierdie geval is ons bedryfsprosedures ongelukkig nie gevolg nie en die reaksievoertuig het by die verkeerde adres opgedaag. Daar word tans intern hieraan aandag geskenk.

ADT het met hul aankoms op die toneel die SAPD in kennis gestel, wat binne minute gearriveer het.

Ons bestuurder vir die Paarl-area, Emile Weber, het mnr Spies Sondagmiddag gekontak en daarna mnr Spies se plaas besoek, en ook gereël vir bykomende besoeke deur die ADT-patrolliediens.

ADT hanteer klagtes op ‘n individuele grondslag en ons moedig kliënte aan om ons direk te skakel as hulle enige besware het.
Ons het mnr Spies gekontak oor hierdie insident en sal weer met hom in verbinding tree ná afhandeling van ons interne ondersoek.

ADT het vyf voertuie wat die Paarl-omgewing bedien en meer as 150 voertuie in die Wes-Kaap. Ons streef daarna om ‘n uitstekende, kliëntgerigte diens te lewer en hersien ons bedrywighede deurlopend om te bepaal hoe ons ons diens aan kliënte kan verbeter.

Ons moedig graag al ons kliënte aan om te verseker dat hulle ons Kliënte-inligtingsdiens voorsien van die jongste inligting oor sleutelhouers en kontaknommers asook spesifieke instruksies soos aanwysings na die perseel. Dit is ook raadsaam om die straatnommer of naam duidelik op die eiendom aan te bring.

Kliënte behoort ADT ook in te lig as hulle ‘n vakansie beplan, sodat ons kan vasstel wie die betrokke kontakpersoon is en patrollies aan die perseel kan verhoog.

Kliënte kan in hierdie verband ‘n e-pos aan Hanene Herrmann van ons Kliënte-inligtingsdiens by haherrmann@tycoint. com stuur.”



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za