Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ontwikkelings en hul hoogdrawende Engelse name

Ontwikkelings en hul hoogdrawende Engelse name
 
2008-03-06


WIL jy ’n asemrowende uitsig vanaf The Towers beleef? Nee, dié uitsig is nie oor New York nie, dis maar net vanuit die sentrale sakegebied in die Paarl!

Jy het selfs ’n keuse om in The Avenues te gaan aftree. Gedink dit klink na ’n spog-aftree-oord in LA?Verkeerd, dit is maar slegs ’n ontwikkeling langs die Bergrivier Boulevard in die Paarl.

’n Wooneenheid in die Piano Factory in Wellington kan dalk sterk oorweeg word, want dit het ’n historiese betekenis, hoewel dit oortuiging sal kos om te bewys dat jy nie in ’n regte klavier- fabriek bly nie.

Om vanuit Paarl on Main die verkeer in Hoofstraat gade te slaan, sal lekker tydverdryf wees en dan kan jy sommer na aftrede oor die pad trek na Huis Vergenoegd.

As daar dalk ’n kelder by The Vines is waarin ek ’n aandeel kan kry, kan ’n wooneenheid in dié ontwikkeling dalk vir my ’n drankkwota waarborg.

Ek is nie seker of ek nie maar die Oaktree Villas moet oorweeg as ‘n belegging nie - dit klink so idillies en rustig, miskien is daar nog eekhorings in die eikebome.

Om in Versailles Village Life in Wellington te gaan skoene uitskop moet ’n avontuurlike ondervinding wees, dog Victoria Court in Groenvlei jou na die Britse heerskappy van weleer laat verlang.

As jy in 56 On Bosch ’n dak oor jou kop kan bekostig sal niemand na jou adres hoef te soek nie, want die naam gee dit weg!

De Candia se villas in Noorder-Paarl klink so Mediterreens met seiljagte en kaalbaaiers daar onder op die walle van die Bergrivier.

Dan is daar nog Olyfbos, De Oude Park, De Oude Werf, Groenvlei, Bainsvallei en De Oude Wingerd om van te kies. O ja, De Oude Renbaan is ook nog daar.

Dankie aan die ontwikkelaars van laasgenoemde woonkomplekse wat die historiese karakter van die Paarl en Wellington probeer behou en eg verbeeldingryke en histories korrekte name aan hul ontwikkelings gegee het. Met name soos dié sou ons ou voorvaders hul kon vereenselwig.

Sekere ontwikkelaars se verbeeldinglose Engelse name vir hul eenhede skree ten hemele.

Daar is veral een ontwikkelaar in die Paarl wat hul skuldig maak aan die miskenning van die omgewing se ryke kultuur as dit by naamgewing kom.

Selfs op hul prentjiemooi advertensieborde is Afrikaans so afwesig soos geld in ’n leë bankrekening. Is ontwikkelaars bewus dat Paarl en Wellington die bakermat van Afrikaans is met die Franse en Hollandse nedersetters wat hul hier gevestig het?

Doen ’n bietjie navorsing oor die geskiedkundige agtergrond van die omgewing/grond waar u ontwikkel, en u sal verbaas wees oor die ryke verlede wat dit bied en wat die naamgewing soveel meer uitdagend maak.

Nuwe winkelkomplekse is ewen­eens ook teikens van hierdie naamgee-euwel.

Ek sal graag wou weet wat die een wat in Paarl-Oos in aanbou is “geroep” gaan word. Asseblief tog net nie weer nog ’n “Mall” nie!

A Fourie




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za