Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugbyklub vier 125ste verjaarsdag

Paarl Rugbyklub vier 125ste verjaarsdag
 
2008-03-06


PAARL RUGBYKLUB vier vanjaar sy 125ste bestaansjaar en het verskeie hoogtepunte wat die maand gaan plaasvind.

Verlede Saterdag het Paarl sy feesvieringe afgeskop met sy vriendskaplike wedstryd teen Hamiltons en eerskomende Saterdag speel Paarl teen Young Peoples op Faure-stadion.

Volgende Vrydag is egter wanneer die groot feesvieringe afskop. SA Legendes, onder leiding van Ian McIntosh, John Allan en Rob Louw, woon ’n reünie by Nederburg Landgoed vir alle spelers, lede en belangstellendes by. Die SA Rugbylegends en ander oud- Springbokke sal gaste by die geleentheid wees waartydens staaltjies uit die verlede vertel sal word.

Die funksie begin om 18:00 en dit sluit ’n driegang-ete (steak) in met ’n spesiale feesjaargeskenk vir elkeen wat teenwoordig is. Kaartjies kos R150 per persoon.

Op Saterdag 15 Maart vanaf 09:00 bied die SA Legendes afrigtingsklinieke op Hoërskool Gim se velde aan vir o.13’s vanuit laerskole in die Paarl en omgewing. Die Legendes se nuwe ‘Rugby for Africa’ program word ook hiertydens geloods. Later in die oggend gaan die die kinders in spanne opgedeel word om ‘tag’ rugbywedstryde teen mekaar te speel.

Vanaf 11:00 gaan daar 15 rugbywedstryde op die velde gespeel word. Gimnasium se o.15, o.16 en o.19 spanne gaan in aksie wees, asook Paarl Rugbyklub se ou manne, o.20’s, 3de span, 2de span en 1ste span.

In die hoofwedstryd sal die SA Legendes teen ’n Paarl Legendes-span te staan sal kom.

Daar sal ook eetstalletjies en biertente wees. Om 19:00 gaan daar ’n dinee wees in Gim se Carl Redelinghuys saal waar die Legendes en ander hooggeplaaste rugbyamptenare die sprekers gaan wees. Kaartjies kos R300 per persoon. Kontak Trevor by 084-414- 0823.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za