DA kap 12% kragverhoging
2008-03-06
DIE Drakenstein munisipale raad beoog ’n 12% verhoging in elektrisiteitstariewe (’n verhoging van inflasie plus 5% word deur die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder toegelaat). Hierdie voorstel is verlede week deur die stadsraad goedgekeur, onderhewig aan provinsiale goedkeuring. Die verhoging sal op 1 Julie in werking tree, terwyl Eskom se verhoging van 14% op kraglewering reeds volgende maand inskop. DA raadslid Deetlefs du Toit het in die Raadsvergadering aangevoer dat dit onregverdig is om die krag met 12% te verhoog. “Die DA stem nie saam met die 12% verhoging nie. Daar was geen publieke deelname nie. “Dit is onnodig om die vaste tarief ook met 12% te verhoog. Die Munisipaliteit misbruik die kragverhogings om sy boeke te laat klop met ’n vorm van woekerwins,” het Du Toit vroeër gesê. Volgens die portifeuljehouer, JT Basson, word die syfers slegs gebruik vir begrotingsdoeleindes: “Hierdie syfers moet nog aan Provinsie voorgelê word vir goedkeuring,”
More
News
|