Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieketkliniek in vakansie

Krieketkliniek in vakansie
 
2005-06-23


DIE Boland Krieketraad hou ’n reeks afrigtingsklinieke vir junior spelers tussen 11 en 17 jaar tydens die Junie skoolvakansie.

Drie spesialisklinieke word van op 4 en 5 Julie in die binnenshuise nette van die Boland Krieketakademie by die Boland Park Stadion in die Paarl gehou.

Die Maandag sal draaiboulers van 09:00 tot 13:00 touwys gemaak word, terwyl daar die volgende dag gekonsentreer sal word op die vaardighede van kolwers (09:00 tot 13:00) en snelboulers (14:00 tot 17:00).

Belangstellendes kan Deon Muller skakel by 083-212-7416 of 905-2475 (na ure) om plek te bespreek.

Slegs ’n beperkte getal spelers kan geakkommodeer word. Die koste per sessie beloop R60 per speler.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za