Atlete blink op Dal
2008-03-06
ATLETE van die Paarl het oudergewoonte die naweek weer goed gevaar tydens die Bolandse junior kampioenskapsbyeenkoms op Daljosafat. Vir die seuns 14 jaar, het K du Plessis (HJS, eerste in die 100m, 11,4 sekondes en eerste in die 200m, 22,4 sekondes), W Maartens en (Gim, 3de in die 1 500m, 4:30,6), A Mpefu (New Orleans, 1ste in die verspring, 5,91m), J-L Kotzé (Gim, eerste in die gewigstoot, 14,78m en eerste in die diskus, 51,70m) en H Pollard (Gim, 3de in die spiesgooi, 42,83m) uitgeblink in hul onderskeie items. Vir die seuns 15 jaar, het M Qashani (Desmond Tutu, 1ste in die 100m, 11,1 sekondes en 1ste in die 200m, 22,2 sekondes), E Kilowan (New Orleans, 2de in die 800m, 2:07.8 en 2de in die 1 500m, 4:22,8), J Briers-Louw (Gim, 3de in die 800m, 2:089,9), A Smith (HJS, 1ste in die 3000m, 9:43,8), K Jacobs (HJS, 1ste in die 100m hekkies, 13,5 sekondes), L Cordier (Gim, 2de in die 100m hekkies, 13,8 sekondes) C Burger (Gim, 1ste in die 300m hekkies, 41,5 sekondes), I Litsenbourgh (Landbou, 2de in die 300m hekkies, 41,3 sekondes), Z Swarts (Gim, 2de in hoogspring, 1,80m), T Smith (HJS, 3de in hoogspring, 1,75m), A Korff (Gim, 1ste in paalspring, 3,60m), R Maree (HJS, 1ste in gewigstoot, 16,59m), D du Toit (Gim, spiesgooi, 54,6m) en W van Deventer (Landbou, 2de in die hamergooi, 46,08m) goed gevaar. Vir die seuns 17 jaar, het C Ruiters (HJS, 1ste in die 100m, 11,0 sekondes en 2de in die 200m, 22,0 sekondes), D Williams (HJS, 2de in die 100m, 11,9 sekondes), M Louw (Gim, 1ste in die 2000m, 6:19,2), A May (Klein Nederburg, 1ste in die 2000m, 6:20,9), S Lochner (HJS, 3de in die 3000m, 9:24,6), D Viljoen (Gim, 1ste in die 110m hekkies, 13,9 sekondes), D Sadie (HJS, 2de in die 400m hekkies, 56,3 sekondes), F Abrahams (HJS, 1ste in verspring, 6,70m), C van Eeden (HJS, 2de in hoogspring, 1,88m), L Manyonga (Desmond Tutu, sde in diskus, 14,00m), S Mbobosi (N Paarl, 3de in diskus, 13,96m), C Norman (Gim, 1ste in paalspring, 4,50m), A van Heerden (HJS, 3de in paalspring, 15,64m en 2de in diskus, 43,92m), J Bester (Landbou, 3de in spiesgooi, 51,74m), D Morgan (Gim, 1ste in hoogspring, 57,05m), H Carstens (Landbou, 2de in die hamergooi, 51,29m), goed presteer. Vir die seuns 19 jaar het J du Plessis (HJS, 2de in 200m, 22,3m), D Jonathan (New Orleans, 3de in die 400m, 51,0 sekondes), A Skippers (KSUT, 3de in 3000m, 15:54,9), C van Schalkwyk (Landbou, 2de in verspring, 6,43m en 3de in driesprong, 13,22m), J Nienaber (HJS, 1ste in paalspring, 4,10m), F Kruger (Gim, 2de in paalspring, 4,10m), RJ Kellerman (Gim, 1ste in gewigstoot, 15,45m en 1ste in diskus, 39,72m), P Swanepoel (Landbou, 3de in gewigstoot, 13,56m) en J Joubert (Gim, 1ste in spiesgooi, 57,49m). Vir die meisies 14 jaar het C Cupido (Hugenote, 1ste in 100m, 12,9 sekondes en 2de in die 200m, 26,9 sekondes), M Warries (New Orleans, 3de in die 200m, 27,3 sekondes) H Terreblanche(Gim, 1ste in die hoogspring, 1,53m), B Fourie (HMS, 2de in die diskus, 26,16m) en W van Zyl (Gim, 2de in die spiesgooi, 29,56m) goed vertoon. Vir die meisies 15 jaar het F Martins (HMS, 1ste in die 100m, 12,7 sekondes en 2de in die 200m, 26,6 sekondes), S Broodryk (Gim, 3de in die 400m, 60,7 sekondes en 2de in die 800m, 2:24,4), J Ramsauer (Hugenote, 2de in die 1 500m, 5:07,1), N Hanekom (La Rochelle, 3de in die 1 500m, 5:09,1), M Viljoen (Gim, 1ste in die 90m hekkies, 13,38 sekondes), C Loubser (Hugenote, 2de in die 300m hekkies en 2de in die verspring), C Pheiffer (La Rochelle, 3de in die verspring, 4,93m), I Oosthuizen (HMS, 1ste in die hoogspring, 1,57m), R Erasmus (Gim, 2de in hoogspring, 1,55m), P Cozian (Gim, 1ste in paalspring, 2,70m), J Smit (Gim, 2de in paalspring, 2,50m) S Schultz (Gim, 2de in spiesgooi, 32,71m) en A Loubser (Gim, 3de in spiesgooi, 30,65m) presteer. Vir die meisies 17 jaar het M Hewitt (La Rochelle, 1ste in die 100m, 12,0 sekondes en 1ste in die 200m, 25,6 sekondes), L Bredenhann (Gim, 2de in die 400m, 59,8 sekondes), M Visagie (HMS, 3de in die 800m, 2:22,4), J Senekal (Gim, 2de in die 100m hekkies, 14,47 sekondes en 1ste in die 400m hekkies, 64,6 sekondes), J Galloway (Gim, 1ste in die paalspring, 2,40m), I Louw (Gim, 3de in die diskus, 33,47m) en N Coetzee (HMS, 3de in die spiesgooi, 34,22m) goed gevaar. Vir die meisies 19 jaar het S Bothma (La Rochelle, 2de in die 200m, 26,9m), E Moolman (Hugenote, 2de in die 400m, 59,3 sekondes en 3de in die 800m, 2:19,4), M Basson (La Rochelle, 3de in die 400m, 61,6 sekondes), M Matthee (La Rochelle, 2de in die 1 500m, 4:57,7), M Stofberg, (Gim, 1ste in die100m hekkies, 15,1 sekondes), E Nel (Gim, 1ste in die verspring, 5,08m), E Barnard (KSUT, 1ste in paalspring, 11,91m) en S Jacobs (Hugenote, 2de in die diskus- gooi, 27,79) goeie uitslae behaal.
More
News
|